KUNSMISTAPKAR REEKS

Verminder staantyd

  

Die AgriCAD kunsmistapkar bied die boer ‘n bekostigbare hanteringsoplossing. Spesifiek ontwikkel om aan die Suid Afrikaanse boer se behoeftes te voldoen. Beskikbaar in 7, 10 en 15 ton.

Die BF073, BF105 en BF150 bied die volgende praktiese voordele:

 

  • Laaimeganisme om massa- sowel as gesakte kunsmis maklik en vinnig te laai
  • Uittap/stop beheer deur operateur op uittappyp
  • Maksimum verstelbare uittapspoed van tot 1 ton per minuut vir totale beheer
  • Modulêre ontwerp wat onderhoud en vervanging maklik en bekostigbaar maak
  • 300 kg toesluit saadkas (BF073, BF105 & BF150)
  • Standaard toerolseil vir beskerming teen die elemente
  • 7 000/10 500/15 000 liter kapasiteit om maklik 7/10.5/15 ton kunsmis per vrag te hanteer
  • Opsionele meganiese laaibakke van 500 kg (BF073) en 1 ton (BF105 & BF150 ) onderskeidelik