MEER OOR ONS

AgriCAD is in 2010 gestig met die fokus op die Afrika boerderygemeenskap en sy behoeftes. Die kern van AgriCAD is ‘n moderne vervaardigingspraktyk wat ten doel het om implemente van uitsonderlike kwaliteit en duursaamheid te vervaardig. Al ons implemente word vervaardig met ‘n volledige gerekenariseerde tekenstel van elke komponent. In ons bestaan van 10 jaar het AgriCAD ‘n aantal innoverende en baanbreker implemente vervaardig om die landbouer se taak te vergemaklik.  Die Europese standaarde van vervaardiging eggo in die hoë kwaliteit implemente wat op tyd gelewer word.

AgriCAD implemente word met trots regdeur Suid Afrika gebruik en ook uitgevoer na meer as 14 Afrika lande; Zambia, Zimbabwe, Malawi, DRC, Uganda, Sudan, Nigerie, Angola, Tanzania, Namibie en Botswana.

AgriCAD is bekend vir Innovasie, Kwaliteit en Diens.  Ons is ook die eerste landbou maatskappy in Suid Afrika en Afrika waarvan ‘n “MOD” gemaak is oor hul implemente vir gebruik op die rekenaarspeletjie Farm Simulator!

Die fabriek is in Waltloo geleë en besoekers is baie welkom.

AgriCAD word in Afrika gesien as die markleier in die vervaardiging van kwaliteit implemente.

 

 

VERKRYGBAAR BY:

086 100 1204

078 095 7974

of