TAFELKAR

Vergemaklik vervoer

Die AgriCAD TC900 en TC911 swaardiens stropertafelkarretjie bied die boer ‘n veilige en bekostigbare manier om sy stropertafel te verskuif tussen lande en plase.  Spesifiek ontwikkel om aan die Suid Afrikaanse boer se unieke behoeftes te voldoen, bied die 

AgriCad tafelkarretjies die volgende praktiese voordele:

 

  • Kan stropertafels van tot 4.5 ton (TC900 en TC909) en 5.5 ton (TC911) hanteer
  • Lae bedhoogte om laai en ontlaai te vergemaklik
  • Balk van 27 voet (TC900)  en 38 voet (TC911) ondersteun die tafel
  • Standaard ligkas met chevronbord
  • Stuurmeganisme om die navolg van die stropertafelkarretjie spoor so na as moontlik aan die stroper se spore te hou
  • Verstelbare lê-hoek van tafel op stropertafelkarretjie
  • Liniêre verstelling van saaldraers op hoofbalk