SKOFFEL REEKS

Beheer onkruid

 

Die AgriCAD skoffel-reeks bied die boer ‘n  bekostigbare oplossing rondom die beheer van onkruid en deurlugting van die grond.  Spesifiek ontwikkel om aan die Suid Afrikaanse boer se behoeftes te voldoen. 

Die reeks van 4 tot 16 ry skoffels  bied die volgende praktiese voordele:

  • Stewige eenstukhanger sweissamestellings
  • Wye parallelogram suspensiebalke met vervangbare slytasiebusse
  • S700 staalhangerplate om gewig te minimaliseer sonder om sterkte in te boet
  • Hoë “S”-geveerde tande om grondvryhoogte en materiaaldeurvloei te bevorder
  • Diepte verstelbare skoffeleenhede met 350 mm dieptewiel op elke eenheid
  • Modulêre ontwerp wat sweissamestellings vervangbaar maak.