PATATUITHALER

Bespoedig die uithaalproses

AgriCAD se patatuithaler (PU008) is pasgemaak vir patatboere om die uithaalpraktyk van patas meer ekonomies te maak, die proses te vergemaklik en te bespoedig. Die semi gemeganiseerde uithaler het primêre sorterings kapasiteit.

Die Patatuithaler werk saam ‘n dienskarretjie (supply cart) wat kratte bring en wegvat ten einde die uithaalproses te bespoedig en arbeid te spaar.

 

Eienskappe

  • Hidroliese aandrywing
  • 2 x 0,6 m uithaalarms waarvan die diepte hidrolies verstelbaar is
  • 8 werkstasies
  • Twee sorterings werksplatforms met 4 kratte elk
  • Kratte is op individuele draaiplatforms
  • Werksplatforms is hidrolies opvoubaar tydens transportering
  • Hidroliese draai-as (steering axle) – het ‘n draai radius van net 11 m
  • Implement breedte – 4,7 m
  • Implement lengte – 10,4 m
  • 50 liter varswater tenk
  • Seildakkie
  • Klanksisteem vir werkers