MASSAWA REEKS
Hidrolies gerem!
Die AgriCAD RT270 meerdoelige lae-spoed “bottom dump” massa-sleepwa met sy hidroliese remme bied aan die boer ‘n bekostigbare oplossing rondom die kwessie van massa-hantering van graan tydens strooptyd.
Die verwyderbare kante maak dit moontlik dat die sleepwa in ‘n platbak-konfigurasie gebruik kan word vir die vervoer van verskeie ander produkte buite die stroopseisoen.
Omdat die sleepwa met ‘n hidrouliese remsisteem vervaardig word, kan ‘n 22.5 ton loonvrag nou veilig oor langer afstande vervoer word. Die vervoer van 22.5 ton per vrag teenoor die historiese 8 tot 16 ton per vrag maak die RT270 tot soveel as 200% goedkoper in gebruik. Die massaverspreiding dra tot soveel as 2.5 ton gewig oor na die trekker se sleepstang ten einde te verseker dat die trekker genoeg traksie het om die sleepwa gemaklik te kan sleep in en om die lande.
Spesifiek ontwikkel om aan die Suid Afrikaanse boer se unieke behoeftes te voldoen. Die RT270 dubbeldoelige wa bied die volgende praktiese voordele:
- Hidrouliese remstelsel wat die 27-ton (totale gewig) sleepwa veilig en effektief rem
- Verwyderbare bo-bou
- Baie vinnige ontlaai tempo
- Sluise en landingspoot word hidroulies beheer deur drywer vanuit die trekkerkajuit
- 22.5 ton loonvrag
- Modulêre ontwerp wat baksweissamestellings maklik vervangbaar maak
- Een drywer kan dubbel die hoeveelheid graan hanteer sonder om van die trekker af te klim