LANDSILO REEKS

Beheer jou oes!

 

 

Die AgriCAD MB80C Landsilo (Motherbins) skep ‘n beheerpunt by jou land.

Dit bied die boer ’n bekostigbare oplossing rondom die massahantering van graan tydens strooptyd. Plaas laaikontrakte word ’n uitvoerbare moontlikheid met tot 66 ton bufferkapasiteit. Graan kan nou gemaklik in die Landsilo ingestroop word ten einde waens teen ’n hoë uittaptempo te laai.

Die AgriCAD elektroniese weegsisteem met drukker wat ‘n vragbriefie genereer, verseker effektiewe kontrole van graan om diefstal te monitor en boekhouding te vergemaklik.

Stroper kalibrasie kan nou ook op die land gedoen word. Die Landsilo reeks is maklik verskuifbaar en beweeglik danksy ’n kort draaisirkel en is doelgemaak om gemaklik deur een persoon in slegs enkele minute geskuif te word.

Ook die toerolseil wat die graan teen die elemente beskerm, is ontwerp om maklik en vinnig gebruik te word. 

Die MB80C bied die volgende praktiese voordele:

 

  • ’n Hoë uittapkapasiteit wat die landsilo in staat stel om ’n 34 ton vragmotor in ongeveer 10 minute te laai
  • 80 000 liter kapasiteit om 66 ton graan bufferkapasiteit gereed te hê (SG± 0,832)
    SG verkry soos gepubliseer in 2017/18 SAGL verslag
  • 4.2 meter standaard uittaphoogte
  • Modulêre ontwerp wat baksweissamestellings vervangbaar maak en vervoer in skeepshouers moontlik maak
  • Standaardtoerusting: – ligkas met chevronplaat – vloedlig op uittapkop om naglaai te vergemaklik
  • Toerolseil vir beskerming teen die elemente
  • Opsionele elektroniese weegstelsel met drukker.