KUNSMISTOEDIENER REEKS

Risiko vermindering tydens planttyd

Vloeibare kunsmistoedieners word al vir jare met groot sukses in die VSA, Kanada en Europa gebruik. Die AgriCAD kunsmistoediener is uniek in soverre dit die eerste plaaslik vervaardigde toediener is en feitlik alle komponente Suid Afrikaans vervaardig word. Wagtyd word dus dramaties verminder. Boere wat die toedieners reeds gebruik praat met lof oor dié toevoeging in die optimalisering van hul produksie proses.

Met klein aaanpassings kan die implement ook gebruik word vir blaarvoeding, onkruidbeheer en plaagbestryding.

Voordele

  • Presisie toediening deur gebruik te maak van  “RTK satellite navigation”
  • Risiko verspreiding – die totale toediening van kunsmis word nie op een tydstip gedoen nie.       
    –  voor planttyd toediening en
    –  later tussen-ry toediening (Top bemesting)
  • Meer effektiewe tussen-ry toediening as bv. die breedwerpige strooi van korrel kunsmis
  • Voor planttyd toediening verlaag die druk met planttyd, dus minder foute en meer geld in die sak
  • Ligter trekker kan gebruik word wat ‘n kapitaal besparing meebring
  • Minder stop/staan gedurende planttyd (a.g.v. kunsmis hervulling), dus meer hektare wat per dag geplant kan word

Implement eienskappe 

  • 7000 liter tenk kapasiteit   (2 x 3500 liter tenks)
  • Hidroulies verstelbare wiele  (op sommige modelle)
  • Verstelbare toedieningswydte
  • 40 liter/min olie vloei benodig
  • 50 liter varswater tenk
  • “RTK satellite navigation ready”
  • Differensiële toediening
  • Beskikbaar in 6, 8, 12, 16 & 24 ry met 3 voet  of 2.5 voet spasiëring