DIEP RIPPER REEKS

Rip diep

 

AgriCAD het hul diepwerk ripper ontwikkel om aan die behoeftes van saaiboere te voldoen. Met ‘n effektiewe werksdiepte van tot 800 mm los dit baie diep bewerkingsbehoeftes op.

Implement eienskappe:

  • Ware 800 mm werksdiepte
  • Saamgestelde tande benodig tot 50 kW per tand op die maksimum werksdiepte
  • Maksimum werkswydte van die 8 tand ripper is 6 meter
  • Grondvryhoogte van balk is 600 mm op maksimum werksdiepte
  • Tande se grondvryhoogte tydens vervoer is 300 mm

Die implement kan behalwe vir gewone diep ripwerk, ook aangepas word vir korrelkunsmistoediening, met die byvoeging van ‘n korrelkunsmiswa. Kan ook met RTK stuurmeganisme toegerus word.