TIPPERWA

Konsolideer vervoer uitdagings

Die AgriCAD TT100 is ‘n meerdoelige tipper-wa wat die boer se vervoer uitdagings konsolideer. Hierdie 3-in-1 tipper optimaliseer die boer se tyd en minimaliseer sy arbeids insette.
Die maklik verwyderbare sykante maak die wa ‘n platbak, tipper en verskeie ander konfigurasies soos die vervoerbehoeftes dit
dikteer. Die unieke hak meganisme wat die bobou op die bak vasmaak bespoedig en vergemaklik die verwisseling tussen die verskillende konfigurasies.
Die 10 ton 3-in-1 tipper met ‘n 8 ton loonvrag behou al die voordele van ‘n enkel-as wa. Die hidroliese staan poot maak hak en afhak ‘n een man operasie.

Spesifiek ontwikkel om aan die boer se transport behoeftes te voldoen, bied die tipper die volgende praktiese voordele:

 

  • Behoefte aanpasbare bobou
  • Hidroliese staan poot wat uit trekker kajuit beheer word
  • Modulêre ontwerp wat bak sweissamestellings maklik vervangbaar maak